Availability: In Stock

Sirkusboere

SKU: 9780624053354

R40.00

“Welkom by die Suid-Afrikaanse Boereoorlog-vertoning,” bulder Ben. “U is by die grootste militêre skouspel wat die wêreld nog gesien het!” Hy stap van een kant van die arena na die…

1 in stock

Categories: , Tag:

Description

“Welkom by die Suid-Afrikaanse Boereoorlog-vertoning,” bulder Ben. “U is by die grootste militêre skouspel wat die wêreld nog gesien het!” Hy stap van een kant van die arena na die ander. “Ek wil u voorstel aan ‘n groep helde uit die mees verafgeleë dele van Suidelike Afrika. Hulle het onverdrote in die oorlog geveg – en hulle doen dit vandag weer. Dié keer vir u plesier.” Hy word luid toegejuig. Dan verskyn daar uit die stof en rook ‘n stil figuur. Agter hom huiwer ‘n vrou en ‘n agterryer wat lyk asof daar trane oor sy wange loop. Die gehoor versober. Die applous rafel uit. “Generaal Piet Cronjé,” roep Ben oor sy megafoon. Cronjé gaan staan met ‘n geboë hoof voor die gehoor. Twee keer per dag voer hy sy grootste vernedering op: sy oorgawe in die slag van Paardeberg. Wanneer die kanonne begin bulder, is hy nie in die Amerikaanse stad St. Louis, waar hy aan die sirkusbaas Frank Fillis se Boereoorlogspektakel deelneem nie. In sy gedagtes is hy weer op die slagveld. Waarom doen Cronjé dit? Waarom het soveel ander oudstryders in 1904 besluit om skouspel van hul trauma te maak? En wat voer die rustelose Ben Viljoen in die mou? In Sirkusboere herken jy in die karakters mense wat jy steeds teëkom: Cronjé wat verknog is aan sy smaad; Viljoen wat die verlede soos ‘n vrot vel van hom afskud; Fillis vir wie die lewe ‘n sirkus is. En so gebeur dit dat verlede én hede oormekaar skuif, met die makabere gedreun van applous in die ore.

Additional information

Author

Sonja Loots

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Sirkusboere”

Your email address will not be published. Required fields are marked *